Kosbare oomblikke saam....is van die mooiste herinneringe. Sal dit altyd koester tot ons weer ontmoet. Lief jou sus. SD en Martjie..
Martjie
28th August 2020
Ek Sal altyd onthou hoe hartseer sy was as ons gekuier het en ons moet gaan.. Ek wil net se.. Mamma vandag is ons harte net so seer. Ek gaan ma se sin vir humor en lekker lag vir altyd mis.. Ek gaan ma se oggend en aand boodskappe mis.. Ma ek het jou lief en ek is trots om te kon se dis my ma en dankie vir my opvoeding wat ma vir my gegee het eks trots en sal ma nooit ooit vergeet nie.. Kuier lekker by Liewe Jesus en speel daai orrel en trekklavier net soos ma dit kon doen tot ons mekaar weer sien love you.. Kobus
Carlleroux
20th August 2020
Wat 'n vreugde was dit nie om Annatjie te ken nie!! Niemand kon wortelkoek (of enige ander koek) bak soos sy nie! Sy was van yster en kon werk soos min! Tog kon jy haar altyd deur 'n ring trek, met hare en naels soos 'n koningin. Wat 'n inspirasie!
Gerda
20th August 2020